Toespraak deur die Waarnemende Premier van die Noord-Kaap, Me. Grizelda Cjiekella, op die geleentheid van die begrafnis van die Khomani San-Leier Dawid Kruiper, Kalahari, Witdraai, Saterdag 30 Junie 2012.
Program Direkteur
Agbare Minister en Adjunk Ministers
Agbare LUR’e
Agbare Burgermeesters en Raadslede
Die gesin en familie van Oom Dawid Kruiper
Leiers van die kerk
Gewaardeerde lede van die Gemeenskap
Kamerade en vriende
Vanoggend staan ek hier as ‘n verteenwoordiger van die Provinsiale Regering van 'n provinsie in rou, en in 'n land wat vir ewig sal dink aan die onbaatsugtige bydrae van Dawid Kruiper; 'n baie geliefde leier van die Khomani San-gemeenskap
Dames en Here, ons is almal verenig, nie net in ons kollektiewe wil om hulde te bring aan Dawid Kruiper as 'n uitstaande leier van die Khomani San-gemeenskap nie, maar ook sy buitengewone aantrekkingskrag as persoon. Mnr Kruiper, of Oom Dawid, soos hy ook bekend was, beide plaaslik en in die buiteland, was die toonbeeld van diens tot andere, integriteit en eindelose deernis.
Oom Dawid was die verpersoonliking van lojaliteit, toewyding, regverdigheid, respek en onbaatsugtige opoffering vir die vooruitgang van die Khomani San-mense. Hy was 'n ware patriot in die ware sin van die woord.
Hy was 'n nasie bouer, 'n kulturele pionier en leier, 'n tradisionele geneser en 'n bewaarder van die inheemse kennis-stelsel van die Khomani San-mense, of die Boesmans, soos hy verkies het om homself en sy mense te noem.
Hy was baie lief vir die natuur en die bewaring daarvan en het ook sy mense geleer om natuurlike hulpbronne te respek en daarvoor te sorg. Op sy eie manier dra Oom Dawid vandag nog grootliks by deurdat sy kennis handig gebruik word deur heedendagse natuurbewaarders. Hierdie bydrae sal nie maklik nagevolg kan word nie.
Die behoud van die Khomani San se manier van lewe het hom na aan die hart gelê en hy was ‘n hoof kampvegter daarvan. Oom Dawid was die toonbeeld van hoop en aspirasies van die Khomani San mense
.
Dames en here, laat my toe om hard en duidelik dankie te sê vir die voorbeeldige en inspirerende lewe van die persoon Dawid Kruiper. Vandag is ons hier, namens dei gemeenskap en alle Suid Afrikaners om hulde te bring aan ‘n mens wat ‘n onbatsugtige lewe gely het.
Hy was inderdaad in hoë agting gehou deur almal en mens kon altyd sy teenwoordigheid voel omdat hy so selfvertroud was en wou altyd net hê dat geregtheid moet geskied.
Ek dink almal is dit eens dat hy hy ‘n uitstaande gemeenskapleier met 'n sprankelende persoonlikheid was wat 'n enorme bydrae gelewer het aan sy gemeenskap.
Dames en Here, Oom Dawid Kruiper was 'n uitstaande voorbeeld van vasberadenheid en doelgerightheid om vir die regte van sy volk, hulle land, hul vryheid, waardigheid, kultuur en inheemse trots te veg.
Oom Dawid was 'n merkwaardige man wat amper alleen die mees gevierde menseregte oorwinning vir die Khomani San bewerkstellig het met die wen van 'n grondeis in 1999. Die grondeis het gelei tot die hervestiging van die Khomani San mense op 25 000 hektaar van voorvaderlike grond op die rand van die Kgalakgadi-oorgrenspark.
Tydens die ondertekening van hierdie historiese grondrestitusie ooreenkoms in 1999, het die destydse Adjunk-President van die land, Mnr. Thabo Mbeki gesê en ek haal aan:
"Die stukkende snare van die verre verlede moet deur ons reggemaak word sodat ons drome kan wortel skiet. Ons leer uit die stories van die Khoi en die San dat hierdie droom is te groot is vir net een persoon, Dit is 'n droom wat gesamentlik gedroom moet word, deur al die mense. Deur saam op te tree, saam te droom, saam die gebreekte snare wat ons in die verlede uitmekaar geskeur het heel te maak, sal ons 'n beter lewe vir die Khomani San wat die ergste slagoffers van onderdrukking was; kan bewerkstellig.
Die grondeis is beskou as 'n besonderse prestasie om die waardigheid en die erfenis van die Khomani San-gemeenskap te herstel.
Vir hierdie verandering het ons die Grondwet en die Handves van Menseregte te danke wat spesifiek voorskryf dat mense wat deel uitmaak van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe, het die reg om hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik.
Dus maak Artikel 185 van die Grondwet voorsiening vir 'n Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe.
Dames en Here, vandag wil ons ook hulde bring aan al die leiers van die Khoisan gemeenskappe vir hul dapper stryd om ons land te verdedig teen die koloniale setlaars. As ons mooi kan onthou; na regte is die Khoisan-gemeenskap, die eerste vegters wat oorloë van weerstand teen die koloniale aanslag van die sewentiende eeu geloots het.
Die Khoisan-gemeenskap, die eerste inwoners van ons land is wreed geviktimiseer, onderdruk, uitgebuit, uit hul huise verdryf en het erge onreg gely deur onmenslike behandeling.
Hierdie brutaliteit wat teen die Khoisan-volk uitgemeet is is gepas beskryf deur die voormalige president Thabo Mbeki toe hy Adjunk-President van Suid-Afrika was tydens die aanvaarding van die nuwe grondwet.
Die toespraak word genoem ek is 'n Afrikaner, en ek haal aan:
"Ek skuld my wese aan die Khoi en die San wie se troostelose siele ronddwaal oor die groot uitgestrektheid van die pragtige Kaap - hulle wat slagoffers geword het van die mees genadelose volksmoorde wat ons eie land nog ooit gesien het, hulle wat die eerste mense was om hul lewens te verloor in die stryd om ons vryheid en onafhanklikheid te verdedig en hulle wat, as mense omgekom het as gevolg daarvan.”
Die stryd van die Khoisan mense oor die eeue in die oorloë van onteiening en oorwinining is 'n bron van inspirasie vir baie vryheidsvegters in hierdie land.
Ons eie President Jacob Zuma herinner ons van hierdie ryk vegter tradisie en onselfsugtigheid wat definisie gee aan die Khoisan mense.
Hy gaan verder aan deur te verduidelik dat "die rol wat die Khoisan-mense in die geskiedenis van hierdie land gespeel het, kan nie onderskat word nie. Die geskiedenis van die stryd teen kolonialisme kan nie voldoende wees nie, totdat ons die stories van helde soos die Khoisan-leier, Autshumato, die eerste politieke gevangene op Robbeneiland en die enigste man om te ontsnap van die eiland en te oorleef vertel nie ".
Ons is ook beindruk deur die verhaal van die hoof van die San wat gekies het om sy eie lewe te neem, eerder as om hom oor te gee aan die Voortrekkers. So groot was hierdie leier se verbintenis tot sy volk dat hy gekies het om te sterf eerder as oorgawe.
In sy Staatsrede van die 9de Februarie 2012, het President Zuma 'n belofte gemaak dat daar voorsiening moet gemaak word vir die erkenning van die Khoi-San-gemeenskappe, hul leierskap en strukture.” Hy het verder gegaan deur te sê:
"Dit is belangrik om te onthou dat die Khoi-San-mense was die mees wreedste aangerand deur die kolonialiste stelsel wat probeer het om hulle te laat uitsterf, en het ook hul taal en identiteit ondermyn. Vandag in 'n vrye en demokratiese Suid-Afrika vandag, moet ons die verlede reg stel.”
Ter nagedagtenis van Oom Dawid Kruiper moet ons die proses bespoedig om te verseker dat die Khoisan-leiers ook verteenwoordiging in die provinsiale strukture, insluitend die Huis van Tradisionele Leiers kry sodat hulle kan voortgaan om 'n betekenisvolle rol te speel in die ontwikkeling en bevordering van hul gemeenskappe om sodoende hulle volle potensiaal te beruik.
Oud-president Nelson Mandela het opgemerk tydens die ondertekening van die grondwet na ‘n wet in 1996, en ek haal aan,
"Laat ons nou krag kry van die eenheid wat ons gesmee het, saam die geleenthede aangryp en tot stand bring die visie wat in die Grondwet omskep is.
Kom ons gee praktiese erkenning aan die ongeregtighede van die verlede, deur 'n toekoms te bou wat gebaseer is op gelykheid en sosiale geregtigheid.
Laat ons ons nasionale eenheid koester deur, met respek en vreugde, die tale, kulture en godsdienste van Suid-Afrika in al sy verskeidenheid te aanvaar.
Laat ons mekaar se standpunte respeketeer en ruimte te bied vir vrede om te seevier. wat belangrik is is dat ons saam werk om haweloosheid, ongeletterdheid honger en siekte hok te slaan”.
Dames en Here, as Regering moet ons seker maak dat ons die lewens van die Khoisan-gemeenskap in 'n sinvolle wyse raak om te verseker dat hulle voortgaan om 'n besondere en belangrike bydrae tot die geskiedenis van ons land maak. Ons kan nog steeds baie leer uit hul toewyding, moed, geestelikheid, die liefde vir hulle land en mees belangrik hul oneindige passie vir die ware welsyn van alle Suid-Afrikaners.
Ons sal oortyd werk om ‘n lewensvatbare samelewing vir die Khomani San-gemeenskap te verwesenlik, in 'n provinsie wat gekenmerk word deur grootskaalse werkloosheid en armoede op die plattelandse gebiede.
Oom Dawid, vanoggend het ons 'n laaste geleentheid om dankie te sê vir die lig wat u in ons lewens was. Ons is ook dankbaar aan ons Hemelse Vader dat Hy jou aan hierdie pragtige Provinsie toegeien het en dat die Noordkaap ‘n tuiste vir jou kon wees.
Ek dank u.